|

AfriForum knap monument by Loskopdam op

AfriForum se Kranspoort-tak het op 13 April die monument by Loskopdam skoongemaak en geoudit as deel van AfriForum se monument oudit projek.

Hierdie oudit vind jaarliks plaas om monumente se toestand te monitor en te help om die monumente in stand te hou.

Tydens die projek is daar gras gesny, papiere opgetel en die grond rondom die monument is skoongemaak sodat die gras en bossies nie so maklik wild groei nie. Die monument se toestand het glad nie versleg sedert die tak die monument in 2021 ook skoongemaak het nie.

“Ons is dankbaar dat die monument behoue bly en ons sal aanhou om daarna om te sien,” sê Johan Botha, voorsitter van AfriForum se Kranspoort-tak.

Sluit vandag aan by AfriForum se Kranspoort-tak, SMS “Kranspoort” na 45340 (R1)

Soortgelyke plasings