|

AfriForum knap Warrenton se ingang op ten spyte van die reën

Die AfriForum-tak in Warrenton het die afgelope naweek begin met ’n skoonmaakaksie om die ingang by Warrenton skoon te maak. Die tak het ten spyte van die reënerige weer dit reggekry om die gras wat tussen die vetplante groei te verwyder.

“Daar is steeds baie wat gedoen moet word om die ingang op te knap maar wanneer dit eers afgehandel is behoort die instandhouding aansienlik makliker te wees,” sê Lize-Mari van der Linden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

AfriForum het met hierdie projek ook middagetes by verskeie besighede in die dorp afgelewer om hulle ’n voorspoedige 2022 toe te wens.

“Hierdie besighede het die afgelope paar jaar vir ons gewys hoe hulle kop bo water gehou het in hulle gemeenskappe en deur hulle deursettingsvermoë gesorg het dat die plaaslike ekonomie nie in duie stort nie. Daarom bederf ons hulle graag met ’n middagete,” sluit van der Linden af.

Soortgelyke plasings