|

AFRIFORUM: KONSEPBELEID VIR AMBAG- EN KLEINSKAALMYNAKTIWITEITE MAG NIE ONWETTIGE MYNAKTIWITEITE WETTIG NIE

AfriForum het op 17 Junie 2021 kommentaar ingedien op die konsepbeleid vir ambag- en kleinskaalmynaktiwiteite wat die Departement of Minerale Hulpbronne en Energie op 5 Mei 2021 in die Staatskoerant gepubliseer het. Hoewel AfriForum die publisering van die konsepbeleid verwelkom en dit as ’n stap in die regte rigting beskou, is dit tog bekommerd oor sekere aspekte van die konsepbeleid.

“Ons beklemtoon twee oorwegings wat na ons mening grondbeginsels in enige beleid van dié aard behoort tewees. Die eerste is dat die beleid nie onwettige mynaktiwiteite mag wettig nie,” sê Lambert de Klerk,bestuurder van Omgewingsake by AfriForum. “Die tweede is dat die beleid nie die beskerming mag wegneem wat die Grondwet en  bestaande wetgewing aan die omgewing en eiendomsregte verleen nie.”

AfriForum glo dat dit belangrik is om op hierdie beleide en ander regulasies kommentaar te lewer. Sodoende beskerm die organisasie nie net sy lede nie, maar ook die omgewing waarin hulle leef. Op dié wyse bou ons aan ’n volhoubare toekoms.

Soortgelyke plasings