|

AfriForum-ledetydskrif wys wat burgerregtewaghond alles doen

Die Junie-uitgawe van Forum Tydskrif, AfriForum se ledetydskrif, is pas aan ons lede gestuur.

In dié uitgawe val die fokus op AfriForum Netwerk, ’n inisiatief wat ten doel het om lede aan te moedig om mekaar en mekaar se ondernemings en dienste te ondersteun. Meer as ’n duisend ondernemings is reeds deel van AfriForum Netwerk.

Die ANC-regering se rasgedrewe ekonomiese beleidsrigtings maak dit vir lede van minderheidsgemeenskappe byna onmoontlik om met die staat of ander groot ondernemings sake te doen. AfriForum Netwerk het daarom ’n gratis databasis geskep waar ondernemings kan registreer sodat ander ondernemings en lede van die publiek hulle kan ondersteun.

Die Joodse gemeenskap is ’n goeie voorbeeld van hoe lede van ’n gemeenskap mekaar kan ondersteun en sodoende ook finansiële oorlewing kan verseker.

Benewens AfriForum Netwerk is daar ook ’n sterk klem op entrepreneurskapsontwikkeling. Tydens ’n onlangse sakeontbyt het die rugbylegende Kobus Wiese sy suksesresep gedeel. Drie jong entrepreneurs van Pretoria se verhale is ook in die jongste uitgawe. Hul kreatiwiteit en onblusbare ambisie is bewys dat mense steeds suksesvol kan wees ondanks moeilike omstandighede.

Daar is ook baie nuus oor hoe AfriForum, die organisasie se takke en vrywilligers die afgelope maande in dorpe en stede opgestaan en self begin werk het om hul omgewings skoon te maak en infrastruktuur te verbeter. Hierdie optrede is bewys dat ons saam sterker en beter is en groter impak kan maak. AfriForum het tans meer as 220 000 lede.

Forum Nuus kry gereeld navrae oor vordering met hofsake waarby adv. Gerrie Nel en sy span betrokke is. Baie sake soos die teen Duduzane Zuma, Thandi Modise, Ford en ander is reeds in ’n gevorderde stadium in die howe en AfriForum verwag binnekort uitspraak in van die sake. Hou ons sosiale media dop om meer hieroor te wete te kom.

As jy graag lid van AfriForum wil word en ook gereeld Forum Tydskrif wil ontvang, besoek https://afriforum.co.za/sluit-aan/

Soortgelyke plasings