| |

AFRIFORUM LEWER TOESPRAAK BY SANCO-OPTOG TEEN PLAASMOORDE

Verteenwoordigers van AfriForum het vandag die South African National Civic Organisation (SANCO) se optog teen onder meer plaasmoorde, op uitnodiging bygewoon. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, was teenwoordig en het ’n toespraak by die Uniegebou gelewer oor AfriForum se ondersteuning van SANCO se bydrae tot die stryd teen plaasmoorde. Kriel het aan die skare gesê: “Ons wil hê almal moet veilig wees en om daarvoor te veg moet ons hande vat en sê: nie nog plaasmoorde nie!” Sy uitsprake teen plaasmoorde is deur die skare met applous begroet.

“AfriForum het besluit om SANCO se uitnodiging te aanvaar. Alhoewel AfriForum en SANCO nie oor alles saamstem nie, beskou AfriForum dit as belangrik dat plaasmoorde deur verskeie groeperings uit die land veroordeel word. SANCO se veroordeling van plaasmoorde is by uitstek iets wat ons kan ondersteun.

“Miljoene landsburgers word groot op die platteland of ken iemand wat op ’n plaas bly, dus is dit te verwagte dat AfriForum nie alleen staan in die geveg teen plaasmoorde nie,” sluit Kriel af.

Soortgelyke plasings