|

AfriForum loods landswye #Skoonwater-projek

AfriForum het vandeesweek dié organisasie se #Skoonwater-projek vir 2018 by die Baviaanspoort-afvalwaterbehandelingswerke geloods. Takke regoor die land is ook gemobiliseer om die drink- en rioolwatergehalte te toets in dorpe waar daar aktiewe AfriForum-takke is.

Die burgerregte waghond het met sy blou-en-groendruppelprojek in 2017 verseker dat bykans 10 miljoen mense se drinkwatergehalte op standaard is deur 156 dorpe se water te toets.

“AfriForum sal verseker dat enige besoedeling so gou moontlik opgelos word deur ’n aanmaning aan die betrokke munisipaliteit te stuur wat eis dat die probleem binne 48 uur reggestel word,” sê Marcus Pawson, hoof van omgewingsake by AfriForum.

Soortgelyke plasings