|

AfriForum loods veldtog teen afknouery in skole

Die burgerregte-organisasie AfriForum se veldtog teen boelies het vandeesweek afgeskop by Laerskool Roodekrans in Roodepoort, Gauteng.

Dié projek dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met kinders, onderwysers sowel as ouers in.

Dit is belangrik vir AfriForum, die AfriForum Navorsingsinstituut (ANI) en AfriForum Trauma om saam met kinders en ouers te werk om ʼn verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan.

 

Soortgelyke plasings