AfriForum maak begraafplaas in Nelspruit skoon


AfriForum se Nelspruit-tak het die begraafplaas in Boschstraat skoongemaak as deel van AfriForum se Rus in Vrede-veldtog.
Tydens hierdie inisiatief, waar drie bakkievragte vullis en plantmateriaal verwyder is, het die tak ondersteuning ontvang van die Mpumalanga Leadership Foundation in Nelspruit asook die Mbombela Plaaslike Munisipaliteit in reaksie op ‘n skrywe aan hulle vanaf AfriForum.

“Ons is dankbaar dat die munisipaliteit aandag geskenk het aan ons skrywe,” sê Steve Gous van die AfriForum-tak in Nelspruit.
“Die begraafplaas is in die industriële gebied geleë en dien as deurgang vir baie mense wat in dié area werk en dan hul rommel in die begraafplaas strooi,” verduidelik Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir AfriForum in Mpumalanga-Oos.

Soortgelyke plasings