AfriForum maak begraafplase in Belfast en Witrivier skoon


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Belfast- en Witrivier-tak het op 15 Augustus 2017 die begraafplase in hierdie dorpe skoongemaak as deel van die organisasie se Rus in Vrede-veldtog.
Dit volg nadat die Emakhazeni en Mbombela plaaslike munisipaliteite gemaan is om aksie te neem, maar nie antwoord gegee het nie.
‘n Groot aantal sakke vol vullis is by die Belfast-begraafplaas opgetel en vier bakkievragte vol vullis en plantafval by die Witrivier-begraafplaas.

“Dit is hartseer om te sien dat munisipaliteite nie die waardigheid respekteer van die mense wat hier tot ruste gel is nie,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir Mpumalanga-Oos.
“Die probleem is dat die munisipale asgate nie behoorlik omhein is nie en ook nie gereeld toegeskraap word nie. Dit lei daartoe dat plastieksakke en papiere na die begraafplaas toe oorwaai. Ons beoog om met die volgende begraafplaasoudit hierdie probleme ook onder die munisipaliteit se aandag te bring,” sê David Spohr, voorsitter van AfriForum se Belfast-tak.
“Ons is dankbaar dat ons die vermoë het om die gemeenskap by te staan,” sê Pieter Skead, voorsitter van Witrivier se AfriForum-tak.

SMS “RIV” na 45350 indien jy betrokke wil raak (R1).

Soortgelyke plasings