|

AfriForum maak Bethal skoon ná onwettige protes

AfriForum se Bethal-tak het ingespring en die ingange na dié dorp skoongemaak nadat betogers die paaie versper het gedurende die nag van 19 Augustus.

Onwettige protesoptredes weens swak dienslewering het daartoe gelei dat al die hoofroetes wat na Bethal lei met brandende bande versper is. Die N17, R35, R38 en R545 is deur die betoging geraak.

Betogers het omstreeks 22:00 verdaag en die bande is in die pad agtergelaat. Jelani Security se brandeenheid en lede van Bethal se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het verseker dat die brandende bande geblus en uit die pad verwyder word.

Op 20 Augustus het die tak die uitgebrande bande en as verwyder. Vier bakkievragte vol as en draad is verwyder. Een bakkievrag bande is ook verwyder wat deur die protesgangers agtergelaat is. Meer as R70 000 se skade is aan die pad se oppervlak aangerig.

“In dorpe soos Bethal waar swak dienslewering ’n alledaagse probleem is moet mense nie meer skade aanrig as wat daar reeds is nie. Ons moet ons probleme aanpak en ons dorpe probeer opbou, nie afbreek nie,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Word deel van die oplossing en ondersteun AfriForum se Bethal-tak: SMS “Bethal” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings