AfriForum maak kerk in Montana skoon


AfriForum se Zambesi-tak het die afgelope naweek die Chapel of God’s Grace kerk in Dr. Swanepoelweg skoongemaak en tuinvullis van dié perseel verwyder. Dié aksie volg nadat gemeenskapslede die AfriForum-tak genader het omdat die toestand van die perseel ’n brandgevaar vir die gemeenskap ingehou het.
Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Noord, sê dit is belangrik dat brandgevare in die gemeenskap dadelik geïdentifiseer word sodat dit so spoedig moontlik uit die weg geruim kan word. “Die tak het die tuinvullis verwyder ten einde op ’n latere stadium brandstroke by die kerk te grou.”

“AfriForum beoog om soortgelyke projekte in die Montana-area aan te pak en versoek die gemeenskap om die organisasie in kennis te stel van enige gemeenskaps- of diensleweringskwessies wat aangepak moet word,” voeg Oosthuizen by.

AfriForum doen ’n beroep op die onderskeie gemeenskappe in die Tshwane-metro om by hul naaste AfriForum-takke betrokke te raak en aktief aan die organisasie se aktiwiteite deel te neem. Vir meer inligting hieroor, stuur ’n e-pos aan tiaan.oosthuizen@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings