| |

AFRIFORUM MAAK LIMPOPO SE BLOU-EN-GROENDRUPPELUITSLAE BEKEND

AfriForum het van Augustus tot Oktober 2020 verskeie dorpe in Limpopo se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

Dié projek was vanjaar belangriker as ooit weens die COVID-19-pandemie en navorsing wat toon dat dié virus in rioolstelsels opgespoor kan word, wat beteken dat ’n mens brandpunte kan identifiseer.

“Ons kon vasstel dat die volgende areas: Ellisras, Groblersdal, Haenertsburg, Leeupoort, Marble Hall, Naboomspruit, Nylstroom, Phalaborwa, Potgietersrus, Pietersburg, Roedtan, Rooiberg, Thabazimbi, Tzaneen en  Warmbad se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Magdel Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.

Bloudruppeluitslae

Dié uitslae dui daarop dat al die dorpe van Limpopo se drinkwater wat getoets is, skoon is.

Limpopo
EllisrasLephalale PMSkoon8 eenhede E. coli per 100 mlE. coli >2 kve;fekale kolivormige bakterieë >2 kveSkoonSkoon
GroblersdalElias Motsoaledi PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
HaenertsburgGroter Tzaneen PMSkoonSkoonSkoonSkoon
LeeupoortThabazimbi PMSkoonSkoonSkoonSkoon
Louis TrichardtMakhado PMSkoonSkoonSkoonSkoon
Marble HallSekhukhune DMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
NaboomspruitMookgophongPMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
NylstroomLim368 PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
PhalaborwaBa-Phalaborwa PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
PotgietersrusMokopane PMSkoon
PietersburgPolokwane PMSkoon4 eenhede E. coli per 100 mlSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
RoedtanMookgophong PMSkoon
RooibergThabazimbi PMSkoonSkoon
ThabazimbiThabazimbi PMSkoonSkoon
TzaneenGroter Tzaneen PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
VaalwaterLim368 PMSkoonSkoonSkoonSkoon
WarmbadBela-Bela PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
Ander
LetabakampNasionale KrugerwildtuinSkoonSkoonSkoonSkoon
OlifantskampNasionale KrugerwildtuinSkoonSkoonSkoon

Groendruppeluitslae

Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen 6 rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Tabel 9: Groendruppeluitslae vir Limpopo (2013–2020)

Limpopo
TakMunisipaliteit20132014201520162017201820192020
EllisrasLephalale PMHoë fosfaattelling>15 000E. coli >100 000; fekale kolivormige bakterieë >100 000>1 000>1 000
GroblersdalElias Motsoaledi PM>1 000>1 000
LeeupoortThabazimbi PMSkoon
Marble HallEphraim Mogale PM17 000SkoonSkoon>1 000
NaboomspruitMookgophong PM1 000 0001 000 000Skoon>2 500E. coli >100 000; fekale kolivormige bakterieë >100 000>1 000>10 000
NylstroomModimolle PM>1 000>1 000E. coli >100 000 fekale kolivormige bakterieë >100 000>1 000>1 000
PhalaborwaBa-Phalaborwa PM110 0001 300Skoon3 7004 000E. coli >100 000; fekale kolivormige bakterieë >100 000
PietersburgPolokwane PM110 000SkoonE. coli >100 000; fekale kolivormige bakterieë >100 000>1 000
PotgietersrusMogalakwena PM1 20092 000Skoon>10 000
TzaneenGroter Tzaneen PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
WarmbadBela-Bela PM1 000 000SkoonSkoonSkoon

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik Ellisras, Groblersdal, Marble Hall, Naboomspruit, Nylstroom en Potgietersrus. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Strauss.

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Strauss af.

As die bewaarder van water kom die Departement van Water en Sanitasie nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie. AfriForum versoek inwoners van Limpopo om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “Skoon water” na 45340 (R1) en steun hierdie aksie.

Soortgelyke plasings