AfriForum maak ’n verskil in Naboomspruit


Die AfriForum-tak in Naboomspruit het die afgelope twee weke verskeie projekte van stapel gestuur om dié dorp op te hef.

Die Naboomspruit-tak het nabome (Euphorbia ingens) by die dorp se vier ingange geplant en plantpotte netjies oorgeverf. Die tak het ook slaggate regoor die dorp gevul om die paaie te beveilig en ’n kontrakteur aangestel wat verstopte dreine in die strate weer oopgemaak het. Verder is ’n nuwe oorladingskoppelaar aangekoop om ’n waterpomp by die suiweringsaanleg te herstel en ’n boorgatpomp is ook deur die tak reggemaak.

Volgens Phillip van Staden, voorsitter van AfriForum se Naboomspruit-tak, is dié aksies daarop gemik om inwoners weer trots op hul dorp te maak en terselfdertyd ook probleme op te los: “Ons wil graag die gemeenskap uitnooi om ons met die voortsetting van hierdie projekte te help en werklik ’n positiewe verskil in ons inwoners se lewens te maak.”

Sluit vandag by jou plaaslike AfriForum-tak aan: SMS “Aksie” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings