| |

AFRIFORUM MAAK NOORD-KAAP SE BLOU-EN-GROENDRUPPELUITSLAE BEKEND

AfriForum het van Augustus tot Oktober 2020 verskeie dorpe in Noord-Kaap se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

Dié projek was vanjaar belangriker as ooit weens die COVID-19-pandemie en navorsing wat toon dat dié virus in rioolstelsels opgespoor kan word, wat beteken dat ’n mens brandpunte kan identifiseer.

“Ons kon vasstel dat die volgende areas: Douglas, Hartswater, Hopetown, Jan Kempdorp, Kakamas, Kathu, Kamieskroon, Keimoes, Kimberley, Kuruman, Orania, Postmasburg, Prieska, Springbok, Upington, Warrenton en Williston se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Bloudruppeluitslae

Dié uitslae dui daarop dat al die dorpe van Noord-Kaap se drinkwater wat getoets is, skoon is.

Noord-Kaap
BuffelsrivierNama Khoi PMSkoon
          
DouglasSiyancuma PMSkoonSkoonSkoon
HartswaterPhokwane PMSkoon
HopetownThembelihle PMSkoonSkoonSkoon
Jan KempdorpPhokwane PMSkoon
KakamasKa !Garib PMSkoonSkoonSkoon
KathuGamagara PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
KamieskroonKamiesberg PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
KeimoesKa !Garib PMSkoonSkoonSkoon
KimberleySol Plaatje PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
KurumanGa-Segonyana PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
NababeepNama Khoi PMSkoon
OraniaOrania DorpsraadSkoonSkoonSkoon
PostmasburgTsantsabane PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
PrieskaSiyathemba PMSkoon
SpringbokNama Khoi PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
Upington//Khara Hais PMSkoonSkoonSkoonSkoon
VaalhartsPhokwane PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
WarrentonMagareng PMSkoonSkoonSkoon
WillistonKaroo Hoogland PMSkoonSkoon

Groendruppeluitslae

Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen 13 rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Noord-Kaap
PlekMunisipaliteit20132014201520162017201820192020
DaniëlskuilKgatelopele PMSkoonSkoon
DouglasSiyancuma PM>10 000
HartswaterPhokwane PM>10 000
Jan KempdorpPhokwane PM>10 000
KakamasKai !Garib PM >10 000
KathuGamagara PM17 000SkoonSkoonSkoonSkoon>10 000
KeimoesKai !Garib PM>10 000
KimberleySol Plaatje PM1 600Verwerp1 500Skoon>1 000>10 000
KamieskroonKamiesberg PMSkoon>10 000
KurumanGa-Segonyana PMVerwerpSkoonSkoon>1 000Skoon>10 000
NababeepNama Khoi PMSkoon
PostmasburgTsantsabane PM>10 000>1 000Skoon
PrieskaSiyathemba PM>1 000
SpringbokNama Khoi PM1 250SkoonSkoon>1 500>1 000>1 000
Upington//Khara Hais PMSkoon>2 000Skoon>10 000
VaalhartsPhokwane PMSkoonSkoonSkoon>1 000Skoon>1 000
WillistonKaroo Hoogland PMSkoonSkoonSkoonSkoon>10 000

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik Douglas, Hartswater, Jan Kempdorp, Kakamas, Kathu, Keimoes, Kimberley, Kamieskroon, Kuruman, Prieska, Upington en Williston. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Smit.

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Smit af.

As die bewaarder van water kom die Departement van Water en Sanitasie nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie. AfriForum versoek inwoners van die Noord-Kaap om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “Skoon water” na 32532 (R1) en steun hierdie aksie.

Soortgelyke plasings