AFRIFORUM MAAK NOORDWES SE BLOU-EN-GROENDRUPPELUITSLAE BEKEND
AfriForum het van Augustus tot Oktober 2020 verskeie dorpe in Noordwes se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.
Dié projek was vanjaar belangriker as ooit weens die COVID-19-pandemie en navorsing wat toon dat dié virus in rioolstelsels opgespoor kan word, wat beteken dat ’n mens brandpunte kan identifiseer.
Bloudruppeluitslae
“Ons kon vasstel dat die volgende dorpe se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie: Klerksdorp, Potchefstroom, Stilfontein, Ventersdorp en Wolmaransstad. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets, want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.
“In die Marico-distrik het ons bepaal dat die volgende dorpe se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen: Coligny, Groot-Marico, Hartbeespoort, Koster, Lichtenburg, Mooinooi, Rustenburg, Swartruggens, Zeerust en Buffelspoort. AfriForum sal voortgaan om in die toekoms die water van hierdie en ander dorpe te toets,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.
“Die toetse wat in die Stellaland-distrik uitgevoer is, toon dat die volgende dorpe aan die minimum standaarde voldoen: Biesiesvlei, Bloemhof, Makwassie, Schweizer-Reneke en Vryburg. Die watergehalte sal deurlopend getoets word om te verseker dat inwoners toegang tot skoon drinkwater verkry,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.
Dié uitslae dui daarop dat die volgende dorpe in die provinsie se drinkwater nie skoon is nie: Brits, Delareyville, Sannieshof en Stella. AfriForum is besig met stappe om druk op munisipaliteite toe te pas om sodoende beter watergehalte te verseker.
Plek | Munisipaliteit | 2016 | 2017 | 2018 | 2019 | 2020 |
Noordwes | ||||||
Biesiesvlei | Ditsobotla PM | – | – | – | – | Skoon |
Bloemhof | Lekwa-Teemane PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Brits | Madibeng PM | Skoon | Skoon | Skoon | Fosfate >50 dpm | Lood en nitrate |
Christiana | Lekwa-Teemane PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Coligny | Ditsobotla PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Delareyville | Tswaing PM | Skoon | Skoon | Fosfate >100 dpm | Nitrate >25 dpm;fosfate >25 dpm | Nitrate |
Groot-Marico | Ramotshere Moiloa PM | – | – | Skoon | Skoon | Skoon |
Hartbeesfontein | Stad Matlosana PM | Skoon | Skoon | – | – | – |
Hartbeespoort | Madibeng PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Jouberton | Stad Matlosana PM | Skoon | – | – | – | – |
Klerksdorp | Stad Matlosana PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Koster | Kgetlengrivier PM | – | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Leeudoringstad | Maquassi Hills PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Lichtenburg | Ditsobotla PM | Skoon | Skoon | – | Skoon | Skoon |
Mahikeng | Mahikeng PM | – | – | Skoon | Skoon | Skoon |
Makwassie | Maquassi Hills PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Mooinooi | Madibeng PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Orkney | Stad Matlosana PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Ottosdal | Tswaing PM | Skoon | Skoon | Fosfate >25 dpm | Skoon | Skoon |
Potchefstroom | Tlokwe PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Rustenburg | Rustenburg PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Sannieshof | Tswaing PM | – | Skoon | Nitrate >10 dpm;fosfate >100 dpm | Fosfate >25 dpm | Fosfate en fekale kolivormige bakterieë |
Schweizer- Reneke | Mamusa PM | Nitrate bo toelaatbare vlak | Skoon | Fosfate >25 dpm | Skoon | Skoon |
Stella | Naledi PM | Nitrate bo toelaatbare vlak | Skoon | Fekale kolivormige bakterieë >3 000 k/f/d;fosfate >25 dpm | Nitrate >100 dpm | Nitrate |
Stilfontein | Stad Matlosana PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Swartruggens | Kgetlengrivier PM | – | Skoon | Fekale kolivormige bakterieë3 kve;E. coli 3 kve | Skoon | Skoon |
Ventersdorp | Ventersdorp PM | Skoon | Skoon | Skoon | – | Skoon |
Vryburg | Naledi PM | Skoon | Skoon | Fekale kolivormige bakterieë >3 000 kve | Skoon | Skoon |
Wolmaransstad | Maquassi Hills PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Zeerust | Ramotshere Moiloa PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Buffelspoort | Madibeng PM | – | Skoon | – | Skoon | Skoon |
Potchefstroom-kampus (Pukke) | Noordwes-Universiteit | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Groendruppeluitslae
Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen 20 rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie. Dit sluit die volgende dorpe in: Biesiesvlei, Bloemhof, Brits, Christiana, Coligny, Delareyville, Groot-Marico, Hartbeespoort, Klerksdorp, Koster, Lichtenburg, Mahikeng, Makwassie, Mooinooi, Potchefstroom, Stella, Stilfontein, Ventersdorp, Vryburg en Zeerust.
Noordwes | ||||||
Plek | Munisipaliteit | 2016 | 2017 | 2018 | 2019 | 2020 |
Biesiesvlei | Ditsobotla PM | – | – | – | – | >10 000 |
Bloemhof | Lekwa-Teemane PM | Skoon | – | E. coli >1 000;1 000 fekale kolivormige bakterieë | >1 000 | >1 000 |
Brits | Madibeng PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon | >1 000 |
Buffelspoort | Madibeng PM | – | – | – | Skoon | >10 000 |
Christiana | Lekwa-Teemane PM | Skoon | Skoon | E. coli >1 000;1 000 fekale kolivormige bakterieë | >10 000 | >1 000 |
Coligny | Ditsobotla PM | Skoon | Skoon | Skoon | >100 000 | >10 000 |
Delareyville | Tswaing PM | Skoon | – | – | Skoon | >1 000 |
Groot-Marico | Ramotshere Moiloa PM | – | – | – | >1 000 | >1 000 |
Hartbeespoort | Madibang PM | Skoon | >3 000 | E. coli >10 000 | Skoon | >1 000 |
Klerksdorp | Matlosana City PM | Skoon | Hoë fosfaat-telling | Skoon | >1 000 | >1 000 |
Koster | Kgetlengrivier PM | – | Skoon | E. coli >5 000 | >1 000 | >1 000 |
Lichtenburg | Ditsobotla PM | Skoon | – | – | >50 000 | >1 000 |
Mahikeng | Mahikeng PM | – | – | – | – | >10 000 |
Makwassie | Maquassi Hills PM | Skoon | Skoon | Skoon | – | – |
Mooinooi | Madibeng PM | Skoon | – | Skoon | >5 000 | >1 000 |
Orkney | Matlosana City PM | Skoon | – | – | – | Toegang geweier |
Ottosdal | Tswaing PM | – | Hoë fosfaat-telling | E. coli >1 000;1 000 fekale kolivormige bakterieë | > 10 000 | – |
Potchefstroom | Tlokwe PM | – | Hoë fosfaat-tellings>2 000 | Skoon | Skoon | >10 000 |
Rustenburg | Rustenburg PM | Skoon | – | E. coli >4 000 | >5 000 | Skoon |
Sannieshof | Tswaing PM | – | – | E. coli >1 000;1 000 fekale kolivormige bakterieë | – | Skoon |
Schweizer-Reneke | Mamusa PM | – | Hoë fosfaat-tellings | – | >10 000 | Skoon |
Stella | Naledi PM | >2 000 | – | E. coli >1 000 | – | >1 000 |
Stilfontein | Matlosana City PM | Skoon | – | Skoon | >1 000 | >1 000 |
Swartruggens | KgetlengrivierPM | – | Skoon | Skoon | >1 000 | – |
Ventersdorp | Ventersdorp PM | – | – | – | – | >1 000 |
Vryburg | Naledi PM | Skoon | Hoë fosfaat-tellings | E. coli >1 000;fekale kolivormige bakterieë >1 000 | >1 000 | >10 000 |
Wolmaransstad | Maquassi Hills PM | >1 000 | – | Skoon | Skoon | Skoon |
Zeerust | Ramotshere Moiloa PM | Skoon | – | – | >10 000 | >1 000 |
Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.
“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier, af.
As die bewaarder van water kom die Departement van Water en Sanitasie nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie. AfriForum versoek inwoners van Noordwes om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer: SMS “Skoon water” na 45351 (R1) en steun hierdie projek.