AfriForum maak spoedhobbel in Samuelweg, Delmas veilig

 

Die AfriForum-tak in Delmas het ’n groot spoedhobbel in Samuelweg veilig gemaak deur strepe daaroor te verf en weerkaatsers en waarskuwingstekens daarop aan te bring om sigbaarheid te verhoog.
Carel Botha, voorsitter van dié tak, sê dat die tak genoop was om in te gryp aangesien die spoedhobbel ’n gevaar vir alle motoriste ingehou het wat dié pad gebruik.

“Slegs motoriste wat die pad baie goed ken, weet dat daar ’n spoedhobbel is. Die spoedhobbel was veral in die aand glad nie sigbaar nie.”

Volgens Hillel Coetzer, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga-Wes, beoog die tak om nóg soortgelyke projekte in Delmas aan te pak. Die tak doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak en hulle van enige probleemgebiede in kennis te stel deur die noodnommer 076 111 8250 te gebruik.

“Ons wil elke vrywilliger bedank wat gehelp het, asook Perfect Water wat water tydens die verloop van die projek verskaf het,” sê Coetzer.

Soortgelyke plasings