| |

AFRIFORUM MAAK VRYSTAAT SE BLOU-EN-GROENDRUPPELUITSLAE BEKEND

AfriForum het van Augustus tot Oktober 2020 verskeie dorpe in die Vrystaat se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

Dié projek was vanjaar belangriker as ooit weens die COVID-19-pandemie en navorsing wat toon dat dié virus in rioolstelsels opgespoor kan word, wat beteken dat ’n mens brandpunte kan identifiseer.

“Ons kon vasstel dat verskeie areas se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivierstreek.

Bloudruppeluitslae

Dié uitslae dui daarop dat al die dorpe van Vrystaat se drinkwater wat getoets is, skoon is met die uitsondering van Boshoff, waar boorgatwater positief getoets het vir fekale koliform. Na die uitslag is die water ook getoets deur ’n SANAS-geakrediteerde laboratorium en daar is bevind dat die water wel geskik is vir menslike gebruik.

PlekMunisipaliteit201820192020
AllanridgeMatjhabeng PMSkoonSkoonSkoon
BethlehemDihlabeng PMSkoonSkoonSkoon
Bloemfontein- SentraalMangaung-metroSkoonSkoonSkoon
Bloemfontein (Fichardtpark)Mangaung-metroSkoonSkoonSkoon
Bloemfontein (Hospitaalpark)Mangaung-metroSkoonSkoonSkoon
Bloemfontein (Pellissier)Mangaung-metroSkoonSkoonSkoon
Bloemfontein (Rayton- Heuwelsig)Mangaung-metroSkoonSkoonSkoon
Bloemfontein (Uitsig)Mangaung-metroSkoonSkoonSkoon
Bloemfontein (Langenhovenpark)Mangaung-metroSkoonSkoonSkoon
Bloemfontein (Wilgehof)Mangaung-metroSkoonSkoonSkoon
BothavilleNala PMFosfate >25 dpmSkoonSkoon
BoshoffTokologo PMSkoonFekale kolivorme(in boorgatwater)
BultfonteinTswelopele PMSkoonSkoonSkoon
DealesvilleTokologo PMSkoonSkoon
FrankfortMafube PMSkoonSkoonSkoon
HarrismithMaluti-A-Phofung PMSkoonSkoonSkoon
HeilbronNgwathe PMSkoonSkoonSkoon
HennenmanMatjhabeng PMSkoonSkoonSkoon
HertzogvilleTokologo PME. coli >1 000 kve[1]SkoonSkoon
KoppiesNgwathe PMSkoonSkoonSkoon
KroonstadMoqhaka PMSkoonSkoonSkoon
OdendaalsrusMatjhabeng PMSkoonSkoon
ParysNgwathe PMSkoonSkoonSkoon
Petrus SteynNketoana PMSkoonSkoon
ReitzNketoana PMSkoonSkoon
SasolburgMetsimaholo PMSkoonSkoonSkoon
SenekalSetsoto PMSkoonSkoonSkoon
TheunissenMasilonyana PMSkoonSkoonSkoon
ViljoenskroonMoqhaka PMSkoonSkoonSkoon
WelkomMatjhabeng PMSkoonSkoonSkoon
WesselsbronNala PMSkoon 
WinburgMasilonyana PMSkoonSkoonSkoon
Bloemfontein-kampus (Kovsies)Universiteit van die VrystaatSkoonSkoonSkoon

Groendruppeluitslae

Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen slegs een uit die 14 rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is,  aan die gestelde mikrobiologiese standaarde.

PlekMunisipaliteit201820192020
BethlehemDihlabeng PMFekale kolivormige bakterieë >1 000>10 000Gesluit weens opgraderings
BothavilleNala PME. coli >1 500>1 000>1 000
BloemfonteinMangaung-metro>1 000>10 000
Bultfontein >10 000>10 000
FrankfortMafube PMSkoon> 5 000>10 000
HarrismithMaluti-A-Phofung PM> 2 000Buite werking
HeilbronNgwathe PMSkoonSkoon>1 000
HertzogvilleTokologo PME. coli >1 000 kve>10 000>1000
KroonstadMoqhaka PMFekale kolivormige bakterieë >1 000>2 000>1 000
ParysNgwathe PME. coli >20 000; 20 000 fekale kolivormige bakterieëSkoon>10 000
ReitzNketoana PM>2 000>10 000
SasolburgMetsimaholo PMSkoonSkoonSkoon
WelkomMatjhabeng PME. coli >1 000> 10 000>10 000
WinburgMasilonyana PMFekale kolivormige bakterieë >1 000> 4 000>1000

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se hoof van gemeenskapstrukture in die sentraalstreek.

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Grobbelaar af.

As die bewaarder van water kom die Departement van Water en Sanitasie nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie. AfriForum versoek inwoners van die Vrystaat om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “Skoon water” na 45350 (R1) en steun hierdie aksie.

Soortgelyke plasings