|

AfriForum maan uPhongolo om bouwerk te staak

AfriForum het die uPhongolo Plaaslike Munisipaliteit met ’n dringende skrywe aangemaan om die bouwerk van ’n sportsentrum te staak nadat die nodige prosesse glo nie volgens wet gevolg was om sodanige ontwikkeling te doen nie. Boonop het ’n kontrakteur reeds begin werk en beskermde bome verwyder.

“AfriForum en ander gemeenskapslede het beswaar gemaak teen die ontwikkeling, maar daar is nie gehoor gegee aan ons besware nie. Daarom was dit nodig om hierdie stap te doen,”sê Alton Vlok, voorsitter van AfriForum se Pongola-tak.

“Ons sien in soveel munisipaliteite dat die regte prosesse vir ontwikkelings of tenders nie gevolg word nie. Dit is duidelik dat hierdie optredes dui op agendas en selfverryking in tye waar elke staatsentiteit onder finansiële druk verkeer. Ons kan nie hierdie tipe optredes toelaat nie,” sê Eugene van Aswegen, AfriFroum se distrikskoördineerder vir KwaZulu-Natal.

AfriForum se Pongola-tak hou die verwikkelinge fyn dop en verdere optredes sal oorweeg word indien die munisipaliteit nie op ons aanmaning reageer nie.

Soortgelyke plasings