|

AfriForum Malmesbury-tak reorganiseer

Die AfriForum-tak in Malmesbury het op 29 September 2021 ’n vergadering gehou waartydens die tak se bestuur gereorganiseer is. Gemeenskapslede kon hul insette lewer en nominasies maak oor die bestuurslede wat die tak sal verteenwoordig. Verskeie bekommernisse oor die gebied is ook tydens die reorganiseringsvergadering bespreek en die bestuur gaan aandag aan hierdie probleme skenk.

Die volgende persone is tot die bestuur verkies: Kim Poulton (voorsitter), Anton Rossouw (ondervoorsitter), Monica Thompson (tesourier), Louise Moss (sekretaris), Alex Szlanina (gemeenskapsveiligheid) en Johan Visser (plaaslikeregeringsake).

“Ons is dankbaar dat die gemeenskap hulle vertroue in ons as takbestuur gestel het. Ons wil graag saam met die gemeenskap werk om volhoubare selfdoenprojekte van stapel te stuur en ons gemeenskap te help beveilig,” sê Kim Poulton, voorsitter van AfriForum se Malmesbury-tak.  

Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland, het die gemeenskap vir hul insette tydens die reorganisasie bedank, asook die bestuurslede vir hul bereidwilligheid om op die takbestuur te dien.  Ek is opgewonde oor die nuwe bestuur en is vol vertroue dat hulle nog vele suksesse in die toekoms gaan bereik.”

Die takbestuur moedig die gemeenskap aan om vandag nog by dié tak betrokke te raak en deel van die oplossing te word: SMS “Malmesbury” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings