AfriForum in Mpumalanga-Wes ook by nasionale patrollie betrokke


Die burgerregtewaghond AfriForum se buurtwagte in Delmas, Witbank, Middelburg, Standerton, Secunda, Bethal en Leandra het in samewerking met met talle ander veiligheidsinstansies en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aan AfriForum se nasionale patrollie op 4 Augustus 2017 deelgeneem.
Etlike kilometers is landswyd afgelê in die verskeie dorpe waar patrollies plaasgevind het – 278 patrolleerders in 169 voertuie het 918,47 manuur voltooi waartydens 17 insidente suksesvol hanteer is.

“Die veiligheid van ons gemeenskappe is nie net een persoon of organisasie se verantwoordelikheid nie; ons moet saam staan in hierdie stryd. Daarom doen AfriForum ‘n beroep op gemeenskappe om toenemend betrokke te raak by die veiligheidstrukture wat geskep word,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.

AfriForum wil elke buurtwaglid bedank vir hul deelname aan die nasionale patrollie, asook die SAPD en elke privaat instansie wat deelgeneem het.

Soortgelyke plasings