AfriForum ondersoek stappe teen pres. Robert Mugabe

 

AfriForum het vandag aan die internasionale strafregkenner prof. Hennie Strydom opdrag gegee om ’n mening te skryf oor stappe wat die burgerregtewaghond kan doen om Robert Mugabe, Zimbabwe se president, by onder meer die internasionale strafhof van ’n misdaad teen die mensdom aan te kla.
Dít volg nadat pres. Mugabe luidens nuusberigte gister in Zimbabwe gesê het dat Zimbabwiërs wat wit boere gedurende dié land se grondhervormingsproses vermoor het nie vervolg sal word nie.

“AfriForum is van mening dat pres. Mugabe se optrede op ’n misdaad teen die mensdom neerkom. Die organisasie ondersoek tans verskeie opsies – onder meer om pres. Mugabe by die internasionale strafhof, die veiligheidsraad van die Verenigde Nasies sowel as die Afrika-unie aan te kla,” sê Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum.

AfriForum sal binnekort meer inligting oor dié aksies bekend maak.

Soortgelyke plasings