| |

AfriForum ontvang bevestiging oor hernuwing van vuurwapenlisensies

AfriForum het vandag ʼn brief ontvang waarin Bheki Cele, die Minister van Polisie, bevestig dat die aansoeke van vuurwapeneienaars wie se 90 dae tydperk om vuurwapenlisensies te hernu gedurende die inperkingstydperk verstryk ná die tydperk aanvaar sal word en dat dié aansoeke nie benadeel sal word nie.

Dít volg nadat AfriForum op 25 Maart 2020 ʼn brief gestuur het aan die Minister en genl. Khehla Sitole, Nasionale Polisiekommissaris, waarin die burgerregteorganisasie sy kommer uitspreek dat vuurwapeneienaars weens die inperking nie in staat sou wees om hul vuurwapenlisensies betyds te hernu nie.

Brig. Lawrence Nkgweng het op 8 April ontvangs van dié brief erken en onderneem om aandag daaraan te skenk.

“AfriForum beskou dié bevestiging as ’n oorwinning vir alle vuurwapeneienaars wat deur die inperking geraak word en sal die situasie deurlopend moniteer,” sê Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum.

 

Soortgelyke plasings