|

AfriForum pak Kanadese mynmaatskappy namens plaaslike stam

Die burgerregte-organisasie AfriForum het aangekondig dat sowel sy teenkorrupsie-eenheid as sy privaatvervolgingseenheid, onder leiding van adv. Gerrie Nel, die saak van die Ndebele Vaaltyn-stam – wat in 2014 strafregtelike klagtes teen die Kanadese mynmaatskappy Ivanplats Myne Bpk., wat deur die miljardêr en mynmagnaat Robert Friedland besit word, aanhangig gemaak het – gaan hanteer.

Die strafregtelike klagtes hou verband met onwettige mynbedrywighede, oortreding van omgewingswetgewing en die onregmatige en oënskynlike kulturele oneerbiedige hervestiging van die stam se historiese en voorvadergrafte. ’n Ter plaatse ondersoek is vandag by die betrokke gebiede uitgevoer – insluitend die operasionele gebied – as deel van die bevestiging van die klagtes.

Soortgelyke plasings