AfriForum pas druk toe om Hertzogville-watertoevoer te herstel


 
Weens die wanbetaling van die Tokologo-munisipaliteit het Eskom die kragtoevoer gesny na die waterpompe in Christiana wat water na Hertzogville pomp. Inwoners van Hertzogville is dus sonder water gelaat.

Eskom het dié besluit egter hersien nadat AfriForum se takstrukture die probleem aangeroer het. AfriForum sal die situasie verder dophou om te verseker dat watertoevoer na die dorp herstel word. Eskom kan nie die gemeenskap se grondwetlike reg tot water weens die Tokologo-munisipaliteit se swak bestuur ontneem nie. Die staatstrukture moet hul probleme onder mekaar oplos en nie die gemeenskap, wat hul vir dienste betaal, te na kom nie.
Volgens Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland, is dit verstaanbaar dat Eskom krag weens wanbetaling opskort, maar dit is onaanvaarbaar dat lede wat hul rekenings getrou betaal daaronder moet ly. Daarom sal die AfriForum-tak in Hertzogville, onder voorsitterskap van Petrus Meintjes, asook die Boshoff-takvoorsitter, Johan Steenkamp, voortgaan om druk op die Tokologo-munisipaliteit te pas om die Eskom-rekening te betaal. AfriForum wil graag hierdie twee mans bedank vir hul onbaatsugtige diens aan hul gemeenskappe.

Soortgelyke plasings