|

AfriForum raadpleeg regspan oor volgende stappe nadat Hoogste Hof van Appèl verklaring van ou landsvlag as haatspraak bekragtig

Die burgerregteorganisasie AfriForum sal sy regspan raadpleeg oor die volgende stappe nadat die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein vandag die appèl van die uitspraak wat die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse landsvlag in die meeste omstandighede, ook privaat, as haatspraak verklaar het, van die hand gewys het.

“Vryheid van uitdrukking as ’n reg het ongelukkig afgewater geraak in hierdie land. Dit is ’n beginsel wat hier die slagoffer geword het van belaglike dubbele standaarde en die toekomstige gevolge sal waarskynlik skadelik wees,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

“AfriForum se standpunt in hierdie saak beteken egter nie dat die organisasie die vlag vertoon of dat ons nie werklike haatspraak ten sterkste sal teenstaan nie. Werklike haatspraak sluit in die verspreiding van haat teenoor ’n sekere groep mense gebaseer op hul identiteit en uitsprake wat neerkom op aanhitsing tot geweld en skadelike optrede. Ons betree chaotiese en gevaarlike waters wanneer die wet uitgeoefen kan word om mense se gevoelens te beskerm wanneer hulle slegs aanstoot neem,” sluit Van Zyl af.

Soortgelyke plasings