AfriForum reageer op Vhembe Distriksmunisipaliteit se tersydestellingsaansoek


Die Vhembe Distriksmunisipaliteit wil die hofbevel wat AfriForum op 17 Maart 2017 verkry het, laat tersydestel. Die AfriForum-tak in Louis Trichardt het gister op hierdie tersydestellingsaansoek geantwoord.
 Volgens Wally Schultz, voorsitter van die AfriForum-tak in Louis Trichardt, het die munisipaliteit tot op hede nog geen pogings aangewend om aan die hofbevel van 17 Maart 2017 te voldoen nie, ten spyte van voortdurende wateronderbrekings.
 Die aanvanklike aansoek is deur AfriForum geloods omrede die munisipaliteit misluk het om Louis Trichardt se boorgatinfrastruktuur te onderhou en te beveilig. Inwoners is gereeld sonder water, wat ernstige nadele vir huishoudings en besighede inhou.
 Vhembe distriksmunisipaliteit het tien hofdae om op AfriForum se antwoordende verklaring te reageer, waarna die saak op die geopponeerde hofrol geplaas sal word.

Soortgelyke plasings