AfriForum reik uit na noodgeteisterde Knysna


AfriForum doen ’n beroep op sowel sy lede as die breër gemeenskap van Suid-Afrika om skenkings vir die brandgeteisterde gemeenskap van Knysna na die burgerregte-organisasie se hoofkantoor in Centurion te neem. Hierdie skenkings sal binnekort na Knysna, wat intussen as rampgebied verklaar is, vervoer word.
Dit vorm deel van ’n breër veldtog nadat AfriForum in samewerking met Solidariteit Helpende Hand reeds vroeër aangekondig het dat dié organisasies se noodfonds aangewend gaan word om bystand te lewer aan dié rampgebiede in die Wes-Kaap wat die ergste deur die verwoestende brande geteister word.

“AfriForum se krag lê in gemeenskappe en dit wat ons kan vermag deur saam te staan. Nóú is die tyd om saam te staan en die mense van Knysna en omliggende omgewing te help; hulle het ons nodig,” sê Guido Urlings, veldtogbeampte by AfriForum.

Lede van die publiek kan hul skenkings na die onderstaande adres neem:
AfriForum-hoofkantoor
H.v. D.F. Malanrylaan en Unionweg
Kloofsig
Centurion
* Ons wil vra dat GEEN bederfbare goedere geskenk sal word nie.
Bankbesonderhede vir finansiële skenkings is soos volg:
Rekeningnaam: AfriForum NPC
Rekeningnommer: 62349898398
Taknaam: FNB Centurion
Takkode: 261550
Verwysing: KNYSNA
SMS “Knysna” na 45344 (R1) om by AfriForum se noodfonds aan te sluit en sodoende maandeliks tot dié fonds by te dra wat vir noodsituasies soos hierdie gebruik gaan word. Hou sosiale media dop vir meer inligting oor hierdie skenkingsveldtog en fondsinsameling.

Soortgelyke plasings