|

AfriForum reorganiseer Vaalharts-tak

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 12 Februarie sy Vaalharts-tak gereorganiseer.

Die nuwe takbestuur bestaan uit Wick Grobler (voorsitter), Deon Theron (ondervoorsitter), Frikkie van Eeden (tesourier), Melanie Swiegers (sekretaresse), Hilgardt Futcher (plaaslikeregeringsake en omgewingsake) en Karel van Heerden (veiligheidsvoorsitter).

“Ons is trots om deel van AfriForum te wees en besef watter groot verantwoordelikheid op ons skouers rus. Saam gaan ons ’n groot verskil in die gemeenskap maak,” sê Grobler.

“Ek sien uit daarna om saam met die bestuur te werk sodat ons ’n verskil in die gemeenskap kan maak,” sê Lize-Mari van der Linden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Soortgelyke plasings