AfriForum rig aanmaning aan Kopanong Plaaslike Munisipaliteit


AfriForum het ’n aanmaning aan die Kopanong Plaaslike Munisipaliteit gerig nadat die burgerregte-organisasie verneem het dat Bloemwater die watertoevoer na verskeie dorpe afgesny het omdat die munisipaliteit in gebreke gebly het om sy rekeninge te betaal.
Gemeenskapslede van Jagersfontein, Edenburg, Trompsburg, Philippolis, Gariep, Fauresmith en Bethulie het AfriForum gekontak met klagtes dat hul dorpe se watertoevoer deur Bloemwater afgesny is nadat die munisipaliteit versuim het om agterstallige rekeninge te betaal. Dít selfs nadat afbetalingsooreenkomste gesluit is.

“Die munisipaliteit kon nie vir ons antwoorde verskaf oor wat hulle gaan doen om gemeenskappe van water te voorsien nie, asook nie wanneer die watertoevoer herstel gaan word nie,” sê Pieter Myburg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.
“Toegang tot water is ’n grondwetlike reg en AfriForum sal alle pogings aanwend om die inwoners van die Kopanong-distrik by te staan om watertoevoer na die onderskeie dorpe te verseker,” sluit Myburg af.

Soortgelyke plasings