AfriForum rig ope brief aan SuperSport oor sportkwotas


AfriForum het vandag ’n ope brief gerig aan Gideon Khobane, uitvoerende hoof van SuperSport, waarin Khobane versoek word om SuperSport se beleid ten opsigte van spraakvryheid op skrif te stel. Dít volg na nuusberigte die afgelope naweek dat SuperSport nie meer van die oud-Springbok Derick Hougaard se dienste gebruik sal maak nie nadat hy die kwotastelsel op Twitter gekritiseer het. SuperSport het die gerugte oor die redes hiervoor ontken.
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, skryf in die brief dat daar onduidelikheid bestaan oor wat SuperSport se standpunt ten opsigte van spraakvryheid is. Die gevolgtrekking wat gemaak kan word, is dat geen kritiek op die politieke agenda van die regerende party by SuperSport geduld word nie.

“As dít die geval is, kom dit op ’n growwe skending van spraakvryheid neer,” sê Kriel.

Kriel voeg by dat, hoewel rasgedrewe transformasie in die vorm van verteenwoordigendheid en rassekwotas op hierdie stadium die polities korrekte standpunt in Suid-Afrika is, is dit belangrik om daarop te let dat dié standpunt nie net immoreel is nie, maar dat die beklemtoning van rassekwotas ten koste van meriete ook destruktief vir prestasie is. Die beleid kom ook op skending van internasionale reg met betrekking tot gelykheid in sport neer.

Soortgelyke plasings