AfriForum ruim Secunda op


Die AfriForum-tak in Secunda het die afgelope naweek ’n skoonmaakaksie in dié dorp gehou waartydens 85 swartsakke se vullis in Nelson Mandela- en Joe Slovorylane opgeruim is.

“Die netheid van ’n dorp is belangrik en AfriForum sal voortgaan om probleme met selfdoenaksies te takel,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.
“Die tak doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak en tot ’n skoner omgewing by te dra,” sê Nico Venter, voorsitter van AfriForum se Secunda-tak.

Dié tak se noodnommer is 079 488 7608.

Soortgelyke plasings