|

AFRIFORUM SAKENETWERK SE ENTREPRENEUR VAN DIE JAAR-KOMPETISIE VIR 2021 SKOP BINNEKORT AF

AfriForum Sakenetwerk in samewerking met Akademia bied hierdie jaar weer aan entrepreneurs die geleentheid om aan die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie deel te neem.

Dié kompetisie skop af met ’n geleentheid op 27 Mei 2021 om 09:00 by AfriForum Teater waartydens Daniel Strauss as gasspreker sal optree. Jaco Gerrits en dr. Rachel Maritz sal ook as kenners optree tydens die paneelgesprek wat deur Elsje van Jaarsveld gelei sal word.

Daniel is die skrywer van die topverkoper Dink soos ’n miljardêr, Jaco is ’n bekroonde tegnologie-entrepreneur en Rachel het ervaring as ’n strategiekonsultant vir PWC, asook Enterprises UP, en was betrokke by strategieprojekte (onder andere die ontwikkeling, oudit en implementering van strategie) vir ander uiteenlopende maatskappye.

Alle entrepreneurs, nie net diegene wat wil inskryf nie, sal baat vind by hierdie netwerkgeleentheid. Alle sake-eienaars, entrepreneurs en belangstellendes word genooi om hierdie geleentheid by te woon.

Sanderien van der Walt, bestuurder van AfriForum Sakenetwerk, is baie opgewonde oor die dié kompetisie wat hierdie jaar vir die vierde keer aangebied word. “Ons het hierdie jaar die beste mense genader om die beste raad en hulp aan ondernemings te gee wat graag hulle onderneming na die volgende vlak wil neem. Dit is nie aldag dat jy vir Daniel Strauss, Jaco Gerrits en dr. Rachel Maritz bymekaar kry nie.” Verder moedig sy entrepreneurs aan om van dié geleentheid gebruik te maak en te kom leer, aangesien al hierdie mense passievol is om mede-entrepreneurs te help en hulle kennis te deel.

Mareli Swanepoel, bestuurder van projekte by Akademia, vertel dat dié instansie ’n trotse vennoot is van hierdie Afrikaanse entrepreneurskompetisie wat elke jaar nóg groter en beter word. “Hierdie kompetisie skep die ideale geleentheid vir entrepreneurs wat ’n publisiteitshupstoot nodig het en uitstekende advies van kundiges op die gebied wil ontvang. Dit is ook vir ons baie lekker om by dié projek betrokke te wees juis omdat dit entrepreneurs in Suid-Afrika bevorder,” sê sy.

*Daar is slegs 190 plekke beskikbaar, kaartjies beloop R170 per persoon en kan op hierdie skakel gekoop word: https://afriforumteater.co.za/gebeure/entrepreneur-van-die-jaar-kompetisie-2021/

Soortgelyke plasings