AfriForum se Alberton-buurtwag en -protospan hou gereedheidsoefeninge


AfriForum se Alberton-buurtwag en -protospan het op 30 Maart 2019 verskeie gereedheidsoefeninge op ’n plaas buite Walkerville uitgevoer.

Die oefeninge het onder meer verskeie tydhindernisse ingesluit, asook noodhulpbystand aan beseerdes. Die groep is in ’n veld afgelaai, waarna hulle met die gebruik van ’n kompas ’n spesifieke bestemming moes bereik. Ander oefeninge het mesaanvalle, die ruil van motorbande en skyfskiet ingesluit.

“Hierdie soort gereedheidsoefeninge is uiters belangrik vir protospanlede en dit verskerp die span se reaksievermoë. Dit het ook ’n merkwaardige positiewe impak op die groep se interne kommunikasievaardighede en algehele moreel,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die noordstreek.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings