AfriForum se Alberton-buurtwag spog met nuwe veiligheidstoerusting


AfriForum se Alberton-tak het op 20 September nuwe veiligheidstoerusting ontvang, wat tien koeëlvastebaadjies, glimbaadjies en flitsligte insluit. Dit volg nadat dié behoefte weens ’n toename in misdaadaktiwiteite in die omgewing deur die tak geïdentifiseer is.

“Die doel van die Alberton-buurtwag is om die gemeenskap in samewerking met die SAPD in noodgevalle by te staan. Goeie veiligheidstoerusting is daarom van onskatbare waarde. Die buurtwag sal voortaan verskeie aksies en patrollies in samewerking met ander plaaslike veiligheidstrukture loods om misdaad te stuit. Ons moedig die Alberton-gemeenskap aan om by ons buurtwag in te skakel,” sê Louis van Aswegen, voorsitter van AfriForum se Alberton-tak.

Raak vandag by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke deur “Buurtwag” na 45342 (R1) te SMS.

Soortgelyke plasings