AfriForum se Alberton-tak skenk 800 liter water aan DBV


AfriForum se Alberton-tak het op 13 Februarie 2018 ongeveer 800 liter water aan die Brackenhurst Veeartsenykundige Hospitaal geskenk. Hierdie water gaan na verskeie takke van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in die Kaap vervoer en versprei word.
Die plaaslike gemeenskap het tot dusver ongeveer 655 liter boorgatwater en 135 liter reënwater ingesamel wat deur Bronco Tool Hire by die veearts afgelewer is.

“Ons wil graag die gemeenskap bedank vir hul bereidwilligheid om betrokke te raak. Hierdie dien weereens as ’n bewys van die krag van ’n gemeenskap wat saamstaan en mekaar in nood help,” sê Machiel Pelser, woordvoerder van AfriForum se Alberton-tak vir hierdie projek.

Raak vandag betrokke en SMS “Alberton” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings