AfriForum se Alfa-buurtwag verleen bystand tydens onluste in Hermanus


AfriForum se Alfa-buurtwag het tydens verlede week se onluste in Hermanus bystand aan verskeie rolspelers verleen. Die buurtwaglede het onder meer die provinsiale verkeersdepartement bygestaan deur verkeer op die R43 te help reguleer en patrollies in Schulphoeklaan  en Mbekistraat op te skerp om rommel en puin van dié paaie te verwyder. Die buurtwag het ook ’n dame, wat dringende mediese sorg benodig het, veilig deur roetes begelei wat met brandende bande blokkeer is.

Die onluste het uitgebreek nadat die Mount Pleasant-gemeenskap grond onwettig beset het en dié strukture later afgebreek is.

“Vrywilligers wat onbaatsugtig hulp aan statutêre rolspelers verleen, veral tydens onstuimige tye, is van onskatbare waarde. Ons wil graag die gemeenskap aanmoedig om betrokke te raak en deel van die veiligheidsnetwerke in hul gebied te vorm,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se streekshoof vir Gemeenskapsveiligheid in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap.

SMS die woord “VEILIG” na 45353 (R1) om by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke te raak.

Soortgelyke plasings