AfriForum se Alfa-buurtwag verleen hulp tydens ongeluk


AfriForum se Alfa-buurtwag in die Overstrand het op Saterdagoggend 9 Maart omstreeks 02:15 hulp verleen tydens ’n motorongeluk by die Sandbaai-kruising, waarin twee mense beseer is.
Wayne Theron, ’n lid van die buurtwag wat gevorderde noodhulprespons kan bied, het gehelp om die beseerdes te stabiliseer voordat die nooddienste opgedaag het.

“Danksy die spoedige optrede van die buurtwag, asook Overstrand se nooddienste, brandweer en elektrisiteitsafdeling, nood- mediese dienste en die SAPD kon lewensverlies verhoed word,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se streekshoof vir gemeenskapsveiligheid in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap.

Hierdie voorval het tydens AfriForum se nasionale patrollie plaasgevind, waartydens meer as 110 buurt- en plaaswagte landwyd met gelyktydige patrollies besig was.
Raak by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke deur die woord “Veilig” na 45353 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings