AfriForum se Allen Grove-buurtwag in Kempton Park ontvang opleiding

 

Die AfriForum-buurtwag in Allen Grove, Kempton Park het op 17 Oktober 2017 patrollie-opleiding ontvang. Dié opleiding behels die organisering en uitvoering van doeltreffende patrollies, toneelhantering, voorvalbeheer, asook ’n uiteensetting van die wetlike aspekte waarmee buurtwaglede dikwels gekonfronteer word.

“Die buurtwag vorm deel van AfriForum se plaaslike takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie in tye van nood by te staan,” sê Jan Vermaak, voorsitter van AfriForum se Kempton Park-tak.
“Opleiding is belangrik vir alle veiligheidstrukture. Die buurtwag is hier om ’n verskil in ons gemeenskap te maak en ons verwelkom samewerking met alle veiligheidstrukture wat dieselfde doel nastreef,” sê Dirk Venter, voorsitter van AfriForum se Kempton Park-buurtwag.
“Ons moedig die gemeenskap aan om by die plaaslike tak en buurtwag betrokke te raak. Hoe meer mense betrokke is, hoe groter die verskil wat ons in Kempton Park kan maak,” sluit Vermaak af.

 

Soortgelyke plasings