AfriForum se Apiesrivier-buurtwagte hou massapatrollie


Die AfriForum-buurtwagte van die Apiesriviervallei het die afgelope naweek aan ’n massapatrollie deelgeneem. Sowat 118 buurtwaglede het ongeveer 2 640 km tydens dié patrollie afgelê.

“Die patrolleerders het in skofte tussen Vrydagaand 19:00 en Saterdagoggend 02:00 die omgewing rondom die Apiesriviervallei gepatrolleer. Geen ernstige misdaadvoorvalle is aangemeld nie,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.

De Klerk voeg by dat hierdie patrollies op misdaadvoorkoming en die sigbaarheid van veiligheidstrukture gemik was.

“Ons sal voortdurend nuwe projekte in samewerking met die polisie aanpak om misdaad in ons dorpe hok te slaan.”

AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe in die Tshwane-metropool om by die organisasie se plaaslike takke betrokke te raak en aktief aan die buurtwagte se aksies deel te neem. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na lambert.deklerk@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings