|

AfriForum se Apiesrivier-tak reorganiseer

Die AfriForum-tak in Apiesrivier in Pretoria het op 24 Februarie 2022 vergader om die tak se bestuur te reorganiseer.

Die nuwe takbestuur bestaan uit: Tarien Cooks (voorsitter), Craig Brown (ondervoorsitter), Kobus van Zyl (tesourier), Colleen Gerber (sekretaris), Patrick Gerber (buurtwagleier), Gert de Waal (plaaslikeregeringsake) en Conna Dreyer (omgewingsake).

“Ons bedank die bestuurslede vir hul bereidwilligheid om op die bestuur te dien. Die nuwe bestuur wil graag saam met die gemeenskap werk om volhoubare selfdoenprojekte van stapel te stuur. As die gemeenskap saamstaan en hard werk kan hulle ’n beter en veilige omgewing vir almal skep,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Die bestuur versoek die gemeenskap om vandag nog by dié tak betrokke te raak: SMS “Apiesrivier” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings