AfriForum se Bellville-buurtwag neem aan gesamentlike patrollie deel

Die AfriForum-buurtwag in Bellville, wat deel vorm van die Kaapstad-Noord-takstruktuur, het op 25 Januarie 2020 saam met ander rolspelers aan ’n gesamentlike patrollie deelgeneem wat deur Boston Neighbourhood Watch en die Bellville-buurtwag gereël is. Hierdie rolspelers sluit sekuriteitsmaatskappye soos Halt Security, Zonewatch, Fidelity, ADT en S.W.A.T, verskeie buurtwagte soos Upper Oakdale, Oakdale, Boston, De la Haye, Chrismar en Blomtuin, asook die VRCID en die SAPD in. Nagenoeg 110 patrolleerders in 45 voertuie het aan die patrollie deelgeneem.

“Ons is opreg dankbaar vir goeie samewerking tussen die verskeie rolspelers en wil graag elke lid van die gemeenskap uitnooi om in sy gemeenskap betrokke te raak en ’n positiewe verskil te maak,” sê Tommy van Zyl, voorsitter van AfriForum se Kaapstad-Noord-tak.

Soortgelyke plasings