AfriForum se Benoni-buurtwag kry opleiding


Lede van die AfriForum-buurtwag in Benoni het pas die tweede fase van hul formele opleiding voltooi. Dié opleiding behels die organisering en uitvoering van doeltreffende patrollies, toneelhantering en voorvalbeheer, asook ’n uiteensetting van die wetlike aspekte waarmee buurtwaglede dikwels gekonfronteer word.

“Dit is nie net buurtwaglede wat by dié opleiding baat nie, maar ook die breër gemeenskap. Buurtwagte is daar om die gemeenskap in samewerking met die plaaslike polisie te beskerm en beveilig. Om dít te kan doen, moet elke lid oor die nodige kennis beskik,” sê Jannie Bezuidenhout, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Benoni-tak.

Sluit vandag nog by dié buurtwag aan: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings