AfriForum se Benoni-buurtwag ontvang toerusting

 

AfriForum se Benoni-tak het gedurende Januarie nuwe veiligheidstoerusting ontvang. Die plaaslike tak het dié behoefte weens ’n toename in misdaadaktiwiteite in die omgewing geïdentifiseer. Die toerusting sluit elf koeëlvastebaadjies, ’n nagsigapparaat, patrollieligte, noodhulpsakke en pepersproei in.

“Met die huidige groei van AfriForum se buurtwagte in die Oos-Rand is dit uiters belangrik dat patrolleerders met die korrekte uitrusting toegerus word. Die buurtwag vorm deel van AfriForum se plaaslike takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met ander veiligheidsinstansies by te staan in tye van nood,” sê Gerald Green, voorsitter van AfriForum se Benoni-tak.
“Behoorlike toerusting stel die buurtwag in staat om daadwerklik tot die bekamping van misdaad in dié gebied by te dra. Die buurtwag sal voortaan fokus op die aanvulling van toerusting en die versterking van opleiding ten einde patrolleerders te bemagtig om proaktief ’n verskil in die gemeenskap te maak,” sê Archie Mouyis, voorsitter van AfriForum se Benoni-buurtwag.
“Ons moedig die gemeenskap aan om by die plaaslike tak en die buurtwag betrokke te raak. Hoe meer mense betrokke is, hoe groter die verskil wat ons kan maak,” sluit Green af.

Raak vandag by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings