|

AfriForum se Bethal-tak skenk bome aan Morgenzon Landbou Akademie

Die AfriForum-tak in Bethal het op 29 September tien inheemse bome aan die Morgenzon Landbou Akademie geskenk.

Hierdie inisiatief vorm deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek. Meer as 3 000 bome is reeds vanjaar reg oor die land geplant. Die tak het die afgelope paar jaar reeds bome by skole, tehuise en die plaaslike polisiekantoor geplant.

Daar is besluit om vanjaar na die Morgenzon Landbou Akademie uit te reik nadat dié skool AfriForum gekontak het. Die verteenwoordigende leerderraad (VLR) het die bome op die skoolterrein geplant.

“AfriForum poog om elke jaar bome te plant, nie net omdat dit goed is vir die omgewing en om klimaatsverandering te beveg nie, maar ook omdat dit ’n stukkie erfenis skep waarop ons kan trots wees,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Maak vandag nog ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap deur by jou naaste AfriForum-tak aan te sluit: SMS jou naam na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings