|

AFRIFORUM SE BETHAL-TAK VERVANG STOPTEKENS

Die AfriForum-tak in Bethal het op Vrydag 2 September spoedig twee stoptekens in Bethal vervang.

Hierdie stoptekens in Malherbestraat is deur vandale verwoes en moes vervang word. Malherbestraat is een van die besigste strate in Bethal waar skoolkinders veral rondbeweeg en moet dus veilig wees. Dié stopstrate is reeds op twee vorige geleenthede deur vandale geteiken en die pale wat gebuig is dui op ’n poging om die stoptekens af te breek.

“Ons is bitter teleurgesteld dat hierdie groep vandale ons dorp op so manier verwoes. Die stryd teen munisipale verval is moeilik genoeg sonder dat ons ook nog hiermee opgeskeep moet sit,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga.

Sluit vandag aan by AfriForum, SMS “jou naam” na 45340(R1)

Soortgelyke plasings