|

AfriForum se Bethal-tak vul reuseslaggat in Malherbestraat

Die AfriForum-tak in Bethal het op Dinsdag 25 Januarie sowat 24 sakkies teer gebruik om ’n reuseslaggat in Malherbestraat te vul.

Verskeie voertuie het skade opgedoen as gevolg van hierdie slaggat en sommige voertuie het selfs hier vasgeval. Hoewel die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit die slaggat in Desember probeer herstel het, het die groot hoeveelhede reën wat in Januarie geval het weer die slaggat oopgespoel.

Turnkey Civils Group het saam met AfriForum gewerk om die slaggat te herstel. Die gat is opgevul met klippe, doleriet en sement en gekompakteer voordat die nuwe basis geseël is en met teer herstel is.

“Hierdie slaggat is ’n groot gevaar vir motoriste en ons moet die pad rybaar hou. Malherbestraat is ’n hoofroete wat talle inwoners daagliks gebruik,” sê Ingrid Human, AfriForum se takvoorsitter in Bethal.

Sluit vandag aan by AfriForum se Bethal-tak, SMS “Bethal” na 45340 (R1)

Soortgelyke plasings