AfriForum se Bethlehem-buurtwag arresteer vermeende onwettige plakker


AfriForum se Bethlehem-buurtwag het op 16 Augustus 2018 ’n persoon gearresteer wat na bewering onwettig langs die Panorama in Paul Laeseckelaan kamp opgeslaan het.

“Dit is die tweede keer dat die buurtwag dieselfde persoon van hierdie grond moes verwyder. Die persoon kon bewys dat hy ’n burger van Lesotho is, maar kon geen dokumentasie toon om te bevestig dat hy wettiglik in Suid-Afrika is nie. Die saak is aan die SAPD en die departement van binnelandse sake oorhandig,” sê Michelle Peens, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Vrystaat.
“AfriForum moedig die gemeenskap van Bethlehem aan om by die tak en buurtwag aan te sluit om misdaad proaktief te beveg,” sê Isolde Laesecke, AfriForum se takvoorsitter in Bethlehem.

AfriForum is slegs so sterk soos sy lede. Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Bethlehem” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings