AfriForum se Bethlehem-tak en -gemeenskap ontvang GOP-opleiding


AfriForum se Bethlehem-tak en -gemeenskap het op 27 April 2019 geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP)-opleiding ontvang. Die opleiding is deur dié tak versoek en verskeie gemeenskapslede het dit ook bygewoon.

Die opleiding het onder meer die werkinge van munisipale begrotings behandel, asook watter insae die gemeenskap daarop kan lewer. Probleme wat die dorp tans ervaar en hoe die gemeenskap dit onder die munisipaliteit se aandag kan bring, is ook bespreek. Morné Mostert, AfriForum se hoof van plaaslikeregeringsake, het die opleiding aangebied. Die geleentheid was ’n reusesukses en die gemeenskap het entoesiasties daaraan deelgeneem.

“Met hierdie tipe opleiding word die gemeenskap toegerus met die nodige kennis en inligting om skrywes aan die munisipaliteit te rig oor probleme wat hulle in die dorp ervaar. Dít stel die gemeenskap in staat om ’n groot verskil in hulle dorp te maak,” sê Jp Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.

AfriForum se Bethlehem-tak bied verskeie opleidingskursusse aan, wat ook selfverdediging insluit.

“AfriForum moedig gemeenskappe aan om soortgelyke opleiding by te woon en by hul plaaslike AfriForum-takke betrokke te raak. ’n Tak kan baie meer sukses behaal as die gemeenskap agter hom staan,” voeg Nel by.

Raak vandag nog by AfriForum se Bethlehem-tak betrokke: SMS “Bethlehem” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings