|

AfriForum se Bethlehem-tak gebruik 81 ton teer om slaggate te vul

Die AfriForum-tak in Bethlehem het in die afgelope ses maande deurlopend saam met plaaslike ondernemings gewerk aan hul slaggatprojek. Sedert dié projek in Januarie vanjaar begin het is daar reeds 81 ton teer gebruik om slaggate in die dorp te vul. Die tak het vandeesweek as deel van die organisasie se #OnsDorp-projek nóg slaggate gevul.

Die AfriForum-waentjie word steeds gebruik wanneer daar aan die paaie gewerk word. Die span werk hard om ’n verskil te maak deur die slaggate te identifiseer, voor te berei en dan die teer vas te stamp.

“Ons het al reeds ’n reuseverskil gesien in ons dorp en geniet dit om vir ons gemeenskap van hulp te kan wees,” sê Marc Timmins, voorsitter van AfriForum se Bethlehem-tak.

“Daar is opgewondenheid in Bethlehem oor die suksesse wat die AfriForum-tak al bereik het en ons wil almal wat betrokke geraak het hierby bedank,” sê Chris Morgan, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

Soortgelyke plasings