|

AfriForum se Bethlehem-tak neem deel aan stille optog by hof

Die AfriForum-tak in Bethlehem het op Maandag 16 September 2019 aan ’n stille optog voor die landdroshof in Bethlehem deelgeneem, waar die borgaansoek van ’n beskuldigde in ’n plaasmoord voorgekom het. Die bejaarde Mienie Frost is in die vroeë oggendure van Saterdag 7 September 2019 op haar plaas in die Bethlehem-distrik vermoor.

’n Groep gemeenskapslede het Maandagoggend met wit kruise opgedaag om die familie buite die hof te ondersteun. Die verdagte is borgtog geweier en die saak is tot Maandag 18 November 2019 uitgestel.

“Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om in groot getalle by die verhoor op te daag om die familie só te ondersteun,” sê Isolde Laesecke, voorsitter van AfriForum se Bethlehem-tak.

“AfriForum se Bethlehem-tak wil graag meer lede van die gemeenskap by hierdie aksie betrek. As die gemeenskap saamstaan en mekaar ondersteun, kan ons soveel meer vermag,” sê Jp Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.

AfriForum se Bethlehem-tak wil graag sy opregte dank teenoor die polisie uitspreek, asook die polisie se eenheid vir openbare orde (Pops), die plaaslike verkeersdepartement en die sekuriteitsfirma Python Alarms vir hul bystand.

Sluit by AfriForum aan en maak ons hande sterker: SMS “Bethlehem” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings